IdentiteitVoorbeeld

Identity

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Ons het nie nodig om in beheer te wees nie, want God is in beheer.

Gebed: Here, help my om te onthou dat U in beheer is en ek vertrou U. Amen.

Lees:

Om 'n gevoel van beheer te hê voel goed. Selfs as kinders wil ons besluit wat om te eet en wanneer om te gaan slaap — nie ons ouers nie. Daar is iets aanloklik daaraan om die een te wees wat oor die uitkoms besluit. Daardie behoefte om die een te wees wat in beheer is kan ook aangevuur word deur 'n gewone verkeerde idee — Ek moet in beheer wees om veilig, beskerm en tevrede te wees.

Byvoorbeeld, ons mag veiliger voel op reis met 'n motor wanneer ons in die bestuurder sitplek sit (beheer), om vertroue te hê in ons vermoë om vinnig te reageer om 'n gevaarlike botsing te vermy.

Ons mag veiliger voel wanneer ons die enigste persoon is wat toegang het tot die gesin se spaarrekening (beheer) want ons kan seker maak dat die geld doen wat ons wil hê dit moet doen.

Ons mag meer tevrede voel wanneer ons die een is wat die opkomende vakansie beplan (beheer) omdat ons die beste plekke ken om te besigtig asook die eet-opsies om te geniet.

Nietemin is daardie "beheer" net 'n illusie, nie waar nie? Ons het al almal slegte weer ervaar en verskeie noodgevalle wat ons goed-gemaakte planne by die venster laat uitwaai. Ons kan immers niks heeltemal beheer nie, kan ons?

Koning Salomo, na wie verwys is as die wysste mens wat ooit geleef het, het hierdie woorde geskryf:

Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas (Spreuke 19:21).

Ons het nie nodig om in beheer te wees nie, want God is in beheer.

Hoewel ons dalk nie heeltemal beheer het oor ons lewe nie, kan ons op die Een staatmaak wat beheer het. Ons het beperkte perspektief en sien net raak wat ons beïnvloed. God het 'n onbeperkte perspektief. Hy sien die verlede, hede en toekoms vir alles en almal.

Terwyl ons nie ten volle verstaan hoekom dinge partykeer skeef loop in die lewe nie, weet ons God het ons lief en gee om wat met ons gebeur. Selfs wanneer ons lewe nie verloop soos ons gehoop het nie, weet ons God is nie onkant gevang nie en Hy is met ons. Wat meer is, sy uiteindelike doelwitte sal seëvier.

Ja, dit kan frustrerend wees wanneer ons nie in beheer is nie. Dit kan teleurstellend en selfs hartseer wees wanneer ons planne nie uitwerk nie. Maar dit is die moeite werd om te onthou ...

Selfs al voel dit of ek in beheer is, is ek nie regtig nie.

Dit maak nie saak wat gebeur nie, God is met my.

God se doelwitte sal uiteindelik bereik word. 


Nadenke:

In watter areas van my lewe veg ek vir beheer en hoe kan ek onthou om God hierdie week met daardie dinge te vertrou?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Identity

Wat ons van onsself glo vorm ons identiteit. Ongelukkig is daar 'n aantal verkeerde idees wat ons saamdra. Nie net het die verkeerde idees 'n impak op die manier wat ons onself sien nie maar dit beroof ons ook van 'n meer vervulde lewe. Lees meer oor sommige alledaagse verkeerde idees wat mense het omtrent hulself en die ware idees wat nodig is om dit te vervang.

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

Verwante Leesplanne