IdentiteitVoorbeeld

Identity

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Ek het nie nodig om perfek te wees nie. Ek is alreeds perfek in Christus.

Gebed: Vader, herinner my dat ek nie nodig het om perfek te wees om waardevol en veilig te wees nie. My sekuriteit en waarde is in U. Amen.

Lees:

“Ma, Ma, hou my dop!” As kind het ons daarvan gehou wanneer ons ouers ons dophou wanneer ons spog met ons talente en gawes. Dit voel goed om woorde te hoor soos: “Ek is trots op jou”; “Jy is so slim”; “Jy is so atleties”; of “Jy is so pragtig/aantreklik”. 

Wat gebeur wanneer ons ophou om die lof te ontvang? Ons streef daarna om dinge goed te doen en nie foute te maak nie, veral nie foute wat ander kan sien nie. Ons wil alles "skynbaar" onder beheer hê. 'n Mens hoef nie verder as sosiale media te kyk om wonderlike foto's met mooi filters te sien om 'n "perfekte" lewe te wys nie. Alhoewel, die begeerte om perfek voor te kom baie uitputtend kan wees.

Die behoefte om perfek te lyk word gedryf deur ons behoefte om waardevol en veilig te voel. Eindelik kom ons waarde en sekuriteit van God af. Ons het nie nodig om dit te verdien nie en ons het nie nodig om perfek te wees om dit te ontvang nie. Soos die apostel Paulus skryf:

"Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof" (Efesiërs 2:8).

Wanneer ons voorkom asof ons perfek is en alles onder beheer het, gee dit vir ons 'n valse gevoel van veiligheid en waarde. Die waarheid is dat jy nie nodig het om alles onder beheer te hê om waardevol en veilig in God se oë te wees nie. Hy het jou lief want jy is sy kind. Jy het nie nodig om enige iets te doen om sy liefde te verdien nie.

Jesus is die enigste perfekte persoon wat ooit op die aarde was. Indien ons nie versigtig is nie, kan ons vind dat ons hard werk vir iets wat nie moontlik is nie. Ons kan nooit goed genoeg wees nie. 

Dankie, Vader vir hierdie waarheid: Ek het nie nodig om perfek te wees nie. Ek is alreeds perfek in Christus.

Ons kan nie perfek wees nie, maar ons het 'n perfekte hemelse Vader. Hy het ons lief ten spyte van ons tekortkominge en foute. Hy weet dat ons nie volmaak kan wees nie.

Dit kan skrikwekkend en seer wees om te erken dat ons nie alles onder beheer het nie. Dit mag ons dalk onseker laat voel of minder waardevol, maar die waarheid is:

Selfs al lyk dit of ander perfek is, net Jesus is.

Ek het nie nodig om God se liefde te verdien nie — Hy het my lief soos ek is.

God se krag is perfek gemaak deur my swakhede.

Nadenke:

In watter areas van my lewe sukkel ek die meeste met perfeksionisme? Wat maak my bang as ander mense my foute sien?


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Identity

Wat ons van onsself glo vorm ons identiteit. Ongelukkig is daar 'n aantal verkeerde idees wat ons saamdra. Nie net het die verkeerde idees 'n impak op die manier wat ons onself sien nie maar dit beroof ons ook van 'n meer vervulde lewe. Lees meer oor sommige alledaagse verkeerde idees wat mense het omtrent hulself en die ware idees wat nodig is om dit te vervang.

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org

Verwante Leesplanne