IdentiteitVoorbeeld
![Identity](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F27050%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 4: Ek moet Christus behaag en nie mense se goedkeuring soek nie.
Gebed: Hemelse Vader, herinner my gedurende die dag dat my waarde van U kom. Amen.
Lees:
As volgelinge van Jesus, word ons geroep om te dien. Indien ons 'n behoefte sien en ons bekwaam is om te kan help, moet ons inspring en doen wat ons kan. As ons weet dat ons in staat is om' n verskil in iemand se lewe te maak, kan dit ons help om te voel ons het 'n doel.
Soos enige iets, indien die motiewe agter selfs die edelste optrede van koers af raak, dan sal ons onsself in 'n ongesonde plek bevind. As jy al ooit enige waardering ontvang het vir wat jy gedoen het, weet jy dat dit aanloklik kan wees om op lof te konsentreer en gou te vergeet waarom jy begin dien het
Wat die rede ook al mag wees, wanneer ons besef dat ons na goedkeuring verlang, word ons kwesbaar vir 'n baie algemene valse opvatting — Ek moet ander tevrede stel om waarde te hê. Wanneer ons begin om die leuen te glo, stel ons onsself bloot aan sekere probleme —
- Ons versuim om vir onsself te sorg, aangesien ons hoof-motivering afkomstig is van die goedkeuring wat ons van ander mense kry.
- Ons steek ons onvolmaaktheid weg.
- Ons vertel nie die volle waarheid wanneer ons 'n slegte werk gedoen het nie.
Ons moet onthou dat ons alreeds onmeetlik waardevol is! Ons is geskep as God se beeld, ons is die enigste persoon wat soos ons is, wat ooit sal bestaan. God aanvaar ons ten volle en het waardering vir ons.
Dit is nutteloos om al ons energie daaraan te bestee om ander te behaag. In hierdie lewe sal party mense ons bewonder — en party sal nie. Terwyl ons die lof van tyd tot tyd geniet, kan ons gevoelens ook seergemaak word as gevolg van iemand se opinie van ons, en moet ander se goedkeuring nie die uiteindelike motivering wees vir ons aksies nie.
Ek moet God behaag en nie mense se goedkeuring soek nie. Selfs die apostel Paulus het nagedink daaroor en het geworstel oor die manier wat ander mense hom gesien het.
Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie (Galasiërs 1:10).
Terwyl ons aksies daartoe mag lei dat mense gedien of tevrede gestel word, moet ons motiewe wees om te dien soos die Een wat ons eerste gedien het deur sy Seun vir ons te gee.
Nadenke:
Hoe sou dit vir my wees as ek ander dien, maar nie van hulle waardering of goedkeuring afhanklik is om my waarde te bepaal nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Identity](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F27050%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat ons van onsself glo vorm ons identiteit. Ongelukkig is daar 'n aantal verkeerde idees wat ons saamdra. Nie net het die verkeerde idees 'n impak op die manier wat ons onself sien nie maar dit beroof ons ook van 'n meer vervulde lewe. Lees meer oor sommige alledaagse verkeerde idees wat mense het omtrent hulself en die ware idees wat nodig is om dit te vervang.
More