Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 8 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1.   Hoe moes al die volke van die aarde deur Abram geseën word? Is hierdie belofte vervul?

2.   Het Abram geglo dat God aan al sy behoeftes sou voorsien? Vind jy dit moeilik om te glo dat God aan al jou behoeftes sal voorsien? Waarom of waarom nie?

3.   Op watter maniere het jy in jou eie krag probeer om God se beloftes te vervul? Op watter maniere het jy in geloof opgetree en geglo dat God aan jou behoeftes sal voorsien?

4.   Is daar enige beloftes van God wat vir jou besonder moeilik is om te glo? Watter beloftes is dit? Waarom sukkel jy om te glo dat God hierdie beloftes sal nakom?

5.   Het jy jou geloof in Christus geplaas? Glo jy dat God aan jou geregtigheid toevertrou het? Waarom of waarom nie?



Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/