Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 14 VAN 14

Vier jouself meer!

Het jy ook al gewonder: “Waarom beleef ek die hoogtepunte in my lewe as net ’n vlietende sekonde en ervaar ek negatiewe terugvoering as ’n persoonlike mislukking waaroor ek dae lank worstel?”

Miskien is dit omdat ons onsself te veel met ander mense vergelyk, beleef dat daar druk op ons is om meer en beter te wees, maar baie dikwels ontstaan hierdie twyfel uit die hoë verwagtinge wat ons aan onsself stel. Ons is baie keer ons eie grootste vyande!

’n Gewoonte wat werk, is om iewers deur die dag en/of vanaand in stilte by die Vader van Waarheid te gaan sit om oor jou dag na te dink. Dis by Hom wat jy sonder skroom jou goeie dinge van die dag kan vier. Veral wanneer jy uit nederigheid glo dat jou lewe ’n voorbeeld van liefde, geloof en integriteit was. 


Vader, dankie dat U die goeie met my vier en aan my sê: Jy ís my geliefde!

Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/