Krag Vir Elke Dag Voorbeeld
Christenskap kán lyding beteken
Nêrens sê God dat sy kinders swaarkry gaan vryspring nie. Dorothy Sayers sê so kragtig: Dit lyk vir my nogal rampspoedig dat die idee moes ontstaan dat die Christendom 'n ander-wêreldse, onwerklike, idealistiese godsdiens is wat daarop dui, as ons goed is, ons gelukkig sal wees. Tog is die teendeel dat dit beslis en selfs die harde werklikheid is, dat daar sekere eksterne prestasies is wat selfs geluk na rommel laat lyk.
God waarborg nie ’n sorgvrye lewe as ons Hom aanvaar nie, máár sy Woord leer ons dat Hy:
In ons swaarkry-tye sáám met ons huil;
In ons donker seisoene besig is om die lig voor te berei;
In ons moedverloor-dae ons hande sterk maak en aan ons genoeg krag vir dié dag gee;
In tye van lyding besig is om nuwe saad van geloof en groei in ons te plant.
Jy kan maar brutaal eerlik wees oor dit wat lyding en swaarkry aan jou doen. Jou Here verstaan.
Here, dankie dat U my vashou selfs wanneer ek in verslaentheid u hand los.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/