Woord Vir VandagVoorbeeld

Woord Vir Vandag

DAG 5 VAN 10

Psalm 16:6

"Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi."

- Vandag kan ons stilstaan en onthou hoe goed God tot dusver vir ons was.

- Hy neem alles wat ons moet hanteer en laat dit ten goede vir ons meewerk.

- Neem 'n oomblik en dink aan iets waarvoor jy dankbaar kan wees.

- Dank die Here nou daarvoor en vir sy goedheid teenoor jou.

Gebed: Vader, dankie vir u barmhartigheid, u goedheid en u ewige genade teenoor my. Ek is geseënd, omdat U my God is en U het my gedra en tot by hierdie punt gebring. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Woord Vir Vandag

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe