Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld
Jy is pragtig
Die media, jou tydgenote en selfs jy self, plaas soveel klem op voorkoms – dat jy maer, mooi en stylvol moet wees. Dit is uitputtend … en dit is beslis nie waarop jy jou fokus of energie behoort te sit nie. Natuurlik is dit goed om mooi te lyk, maar ware skoonheid gaan nie oor voorkoms nie.
Daar is ’n gesegde wat sê: “Moenie iemand op sy baadjie takseer nie.” Dit is omdat die goeie aan die binnekant is. Die mooi wat saak maak … dit wat jou as ’n kind van God definieer … is die innerlike prag van vriendelikheid, sagmoedigheid, selfbeheersing … die vrug van die Gees. Skoonheid wat duidelik is in die manier hoe jy ander behandel, soos geduld met die winkelassistent, vriendelikheid teenoor ’n buurman, sagmoedigheid met ’n familielid, om vir ’n vreemdeling te glimlag, om die lewe en liefde van God met almal om jou te deel. Dít is ware skoonheid.
In alle stadiums van die lewe hunker die menslike hart na skoonheid; en die pragtige dinge wat God maak, is sy geskenk aan álmal. (Harriet Beecher Stowe)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE sal jou help om bemoediging te vind in die wete dat jy ’n kosbare en geliefde dogter van die Koning is. Hy het jou lief; in sy hand is jy veilig!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/