Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 4 VAN 12

Ons Reaksie op die Evangelie

Dit maak nie saak of jy met die evangelie bekend of onbekend is nie, oordink dit en mediteer biddend daaroor. Ons het 'n paar Skrifgedeeltes uitgesoek om jou te help en ook 'n paragraaf of twee geskryf. Vra die Here om jou te herinner aan die evangelie en dat jy dit sal verstaan met helderheid, krag en teerheid.

Ons wil bewus word van Jesus se offer en onsself sien soos wat God ons sien. Ons wil nie mislei word nie. Die evangelie is nie iets wat ons verstand kan begryp nie; dit is 'n saak vir die hart.

Dink na oor die krag van die evangelie in jou lewe en die impak wat dit op jou het. Hou aan om dit vir die volgende paar dae te doen. Merk 'n dag en tyd op jou kalender, 'n week van vandag af, wanneer jy 15-20 minute kan gebruik om vir God dankie te sê vir alles wat Hy deur die evangelie in jou lewe gedoen het.

Maak seker dat jy baie eerlik met jouself en die Here is as jy dit doen. Sê vir Hom as jy twyfel of vrae het, as jy ongeërg daaroor is, 'n harde hart het, onverskillig daarteenoor staan of net 'n algemene gevoel van ongeloof het. Jy hoef nie bang te wees nie. Hy belowe dat Hy ons sondes sal vergewe as ons dit erken. Hy is getrou en sal ons vergewe (1 Johannes 1:9).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org