Huweliksbeloftes Voorbeeld

Huweliksbeloftes

DAG 4 VAN 5

In siekte en in gesondheid

Dit is nie iets wat gebeur of waaraan ons dink net as ons ouer word nie. Dit raak ons almal elke dag. Ons het gesien hoe verganklik ons regtig is tydens die tyd van COVID. Om gesond te wees is iets waaraan ons immers kan werk en om ‘n gesonde leefstyl te leef, het baie voordele. Saam oefen, al is dit net om die blok stap, is die beste medisyne vir die siel. Soms gebeur die onvoorsiene en ruk dit die mat onder baie paartjies uit, as ons bedreig word met chroniese of terminale goed. Vir baie mense is dit baie moeilik om te aanvaar of aan te pas as dit wel gebeur dat die “in siekte” ‘n werklikheid word.

Siekte kan verder baie druk op ‘n gesin se finansies plaas. Siekte kan ook verder strek as net “ons” en die siekte van ‘n kind bring baie uitdagings na enige gesin. Dit is in sulke tye wanneer sorg vir mekaar en omgee in meer as woorde moet wys. Geduld en verdraagsaamheid is van die belangrike kenmerke wat in tye soos hierdie onskatbare waarde het.

As julle op die oomblik een van die uitdagings ervaar, hou moed en maak seker julle ondersteun mekaar meer as ooit. Waak teen afsondering en wees versigtig om nie te onttrek nie. Maak die meeste van elke oomblik en leef elke dag voluit.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Huweliksbeloftes

Wanneer jy gedurigdeur herhinner word aan die beloftes wat voor God en sy mense gemaak is, word die erns van jou verbintenis herhaaldelik opgeroep. Dit gebeur so maklik dat die beloftes wat voor die predikant op die huweliksdag gemaak word agterweë bly by die onthaal. So of jy nou reeds voor die kansel gestaan het of nog op pad is, is hierdie plan vir jou.

More

Ons wil graag Die Volle Evangelie Kerk van God in S.A bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.fgcsa.co.za/