Huweliksbeloftes Voorbeeld

En ander verlaat sodat ons mekaar alleen aankleef
Daar is ‘n mooi sê-ding in Engels: “you must leave before you can cleave.”
Baie paartjies sukkel om die Skrif van Genesis 2:24 toe te pas en dit bring baie uitdagings. Natuurlik is die wenke en raad van ons ouers altyd waardevol. Dit mag egter nooit in so 'n mate geskied dat een van die huweliksmaats afhanklik raak daarvan, en dan dikwels eers wil hoor wat pa of ma sê nie.
Ook mag persoonlike sake tussen getroude pare NOOIT met ouers bespreek word nie. Dit bring altyd ‘n string probleme en bederf vertroue tussen man en vrou. Hierdie "verlaat" het ook te doen met “net vriende” wat die plek en tyd van man en vrou se saamwees inneem.
Ek sê gewoonlik in huwelikskategese dat beide man en vrou moet verstaan hulle neem afskeid van hulle “maats” van voor die huwelik. Nie net het hulle tyd nodig om te "kleef" nie, maar ook help dit om die gevoel van veiligheid binne die huwelik te versterk.
Word julle huwelik bedreig deur die “ander”. Dan moet julle dringend daaraan werk. Julle verdien mekaar se beste tyd en aandag! Maak seker julle verlaat enige iets en iemand wat julle kosbare huwelik kan bedreig of kelder.
Daar is geen sterker gom as die liefde nie en dit is die enigste gom vir die "kleef"! Om te “kleef” beteken “om aan te hang, vashou en verbind te bly.” Dit beteken dat ons nie sal tou opgooi as dinge nie reg verloop nie.
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer jy gedurigdeur herhinner word aan die beloftes wat voor God en sy mense gemaak is, word die erns van jou verbintenis herhaaldelik opgeroep. Dit gebeur so maklik dat die beloftes wat voor die predikant op die huweliksdag gemaak word agterweë bly by die onthaal. So of jy nou reeds voor die kansel gestaan het of nog op pad is, is hierdie plan vir jou.
More
Ons wil graag Die Volle Evangelie Kerk van God in S.A bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.fgcsa.co.za/
Verwante Leesplanne

Kaalvoet Sielsgedagtes

Skeppingsdoel van die Mens

Aanklag

As ek weer kon sê

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

GAAN JY HOM MIS?

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid
