Gereed Vir VandagVoorbeeld

Gereed Vir Vandag

DAG 2 VAN 7

Fokus op die regte dinge

In die fliek Pretty Woman sê Julia Roberts se karakter Vivian die volgende: “Het jy al opgelet dat die slegte goed makliker is om te glo?” Net so! Ons almal het ’n geneigdheid om meer klem te plaas op negatiewe dinge, en om goeie gebeure af te skeep, of om dit heeltemal mis te kyk. Slegte gebeure trek ons aandag baie vinniger as wat goeie dinge dit doen. Ons fokus baie meer op slegte dinge. Nadenke oor slegte dinge kuier boonop ook langer in ons kop rond as wat goeie dinge dit doen. Daarom is slegte nuus eintlik “goeie nuus” vir die media. Mense kyk en lees dit makliker. Hulle gee meer aandag hieraan as aan goeie nuus.

In die lig van mense se voorkeur vir goor nuus is dit aangrypend dat Paulus juis gekies het om sy boodskap met een woord saam te vat, naamlik “evangelie”, oftewel “goeie nuus”. Sy prediking oor Christus is suiwer goeie nuus. Dit verskuif mense se aandag na waar dit hoort – na God toe wat sy aardse eiendom kom soek, opspoor en dan lewenslank feesvier saam met hulle. Luister eerder hierna as na nog ’n sarsie slegte nuus. Spits jou aandag toe op dit wat opbouend is. Vul jou gedagtes en jou ganse lewe met die Here se nabyheid. Dan leer jy reg. Dan glo jy ook nie so maklik al die bangmaak-stories van die dag nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Gereed Vir Vandag

Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Joubert moedig jou in hierdie 7-dag leesplan aan om deur geloof op te staan en voluit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit GEREED VIR VANDAG.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/