Gereed Vir VandagVoorbeeld
Leef onsekerheid stil
Onsekerheid is ons nuwe werklikheid. Alles verander van dag tot dag. Angstigheid is dikwels een van die byprodukte van hierdie voortslepende onsekerheid. Hier is ’n paar beproefde maniere om angs hok te slaan:
- Moenie jou ore uitleen vir elke slegte gerug of goor storie nie. Moenie jou bloeddruk laat opjaag deur sommige godsdienstiges se nuutste “openbarings” of bangmaak-opinies oor enigiets vanaf antichriste tot nuwe wêreldordes wat op pad is nie. Luister na kenners wie se integriteit en betroubaarheid bo verdenking is. Leer uit hulle boeke, preke en persoonlike gesprekke. Moenie enige nuus glo nie. Toets dit en behou die goeie.
- Verwyder die oormatige geraas van te veel sosiale media uit jou lewe. Beperk jou daaglikse tyd op die internet, asook dié van jou gesin. Sit jou selfoon af as jy eet of kuier. Leer jou gesin om dieselfde te doen.
- Aanvaar ’n paar gesonde geestelike dissiplines: Bid elke dag. Oordink elke dag ’n hoofstuk uit God se Woord. Doen elke dag iets goeds vir iemand anders in die Naam van die Here. Help armes. Wees vrygewig. Wees gasvry.
- Bemoedig jou huismense voortdurend met opbouende gesprekke en inligting. Bid gereeld vir hulle en vir al jou vriende. Anker jou hoop in die Here. Leef jou lewe voluit met hoop en krag.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Joubert moedig jou in hierdie 7-dag leesplan aan om deur geloof op te staan en voluit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit GEREED VIR VANDAG.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/