Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Voorbeeld

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAG 2 VAN 7

Alleen-leef is onnodig

Ons stoei dikwels met so baie dinge: ons is bekommerd, angstig, ontsteld … voel selfs verlore … Miskien omdat ons so hard probeer om op ons eie te leef. Dit terwyl ons eintlik diep binne-in ons weet: Ons ís lote aan die groot Wingerdstok. Ons is deel van die groot Vader, Versorger, van die groot Vloei wat lewe, krag, moed en hoop gee. Kom ons herinner onsself weer aan Jesus se eie woorde in Johannes 15:

• Dis juis ons swakheid en afhanklikheid van Hom wat ons sterk maak.

• Wanneer ons in Hom bly, hoef ons nie in beheer van alles te wees nie. Hy ís, Hy weet wat die beste vir ons is en sal gee wat nodig is.

• Ingeplante lote kan Hom vra net wat hulle wil. Hy gee altyd op sý manier.

• Ons in-Hom-wees en in-Hom-blý maak van ons méér-mense: mense groter in hoop, krag en genade.

Ingeplant leef beteken ook om te “laat gaan”. Dat ek sal besef wanneer ek my “ek” en my “self ” uit die pad skuif, Hy ’n groter kans kry om deur my te vloei. Dan word ek as’t ware deel van sý veel groter hart: van sy ewigheidsplan.

Ontferm U tog oor hierdie wingerdstok, die loot wat U self geplant het … (Ps. 80:15b-16a).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar” was, dat Hy my menslike bang hart verstaan en dat Hy juis dáár is om my deur te help. Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/