Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Voorbeeld

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAG 4 VAN 7

Wat kan jý doen?

Ek lees onlangs ’n veranderde weergawe van ’n waarheid wat ons almal ken: Vader, gee asseblief vir my vroegoggend koffie sodat ek die krag sal kry om die dinge wat ek kan verander, wel te verander. Maar sal U dan vanaand die koffie met ’n wyntjie vervang sodat ek kan aanvaar wat ek nie kan/kon verander nie?

Ja, ons almal weet dat ons oor sekere dinge beheer het en ander nie. En dat ons moet fokus op die dinge waar ons wel keuses het. Ons kan meestal kies:

• hoe ons ons tyd bestee en watter dinge prioriteite in ons lewens is;

• hoe ons teenoor mense optree, aan hulle ruimte gee en hulle laat voel;

• in watter mate ons toelaat dat dinge ons beïnvloed of onderkry;

• hoe ons dit wat die lewe ons gee, met oorleg wil hanteer en bestuur;

• watter gewoontes ons wil af- of aanleer; en

• of ons wil fokus op dit wat ons “verloor” het of die goeie wat ons (steeds) het.

God wil vir ons oorvloed gee. Maar dan moet ons Hom help … met die manier hoe ons leef! Wat kan jý doen om groter oorvloed en geluk in jou lewe te geniet?

O Gees van God, maak my bewus van my onsuiwerheid en help my dan om mooier silwer te word.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar” was, dat Hy my menslike bang hart verstaan en dat Hy juis dáár is om my deur te help. Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/