Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Voorbeeld

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAG 5 VAN 7

Sukses is nie ’n gelykpad nie

Vanoggend blaai ek weer deur my Bybel en sien die talle datums en aantekeninge op verskeie plekke waar ek in die afgelope 34 jaar moedeloos oor my besigheid en werk was, bang vir ’n situasie was of by God gepleit het om my langs ’n moeilike stuk pad te lei. Maar ek sien ook die vele kere waar ek so dankbaar was vir genade wat ontvang is, vir wysheid wat Hy gegee het, antwoorde en uitkoms wat Hy gebied het en die talle kere wat vreugde oor sukses my hart toegevou het.

So met die blaai deur baie onderstreepte Skrifgedeeltes besef ek net weer dat sukses en ons loopbaan nie ’n reguit pad is nie, maar veel eerder ’n doolhof vol hekkies, doodloopstrate en ompaaie is. Maar ek besef ook net wéér dat, wanneer ons ons Vader met ons lewe en ons werk vertrou en naby aan Hom leef, Hy aan ons die vermoë gee om oor daardie hekkies te kom, wysheid in toe-deur-situasies te vind en dat Hy altyd iewers ’n oplossing of uitweg gee.

Mag jy op jou doolhof-reis van sukses Jeremia 29:12-14 beleef: “Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here.

Dankie dat U altyd daar was. Altyd hier ís.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar” was, dat Hy my menslike bang hart verstaan en dat Hy juis dáár is om my deur te help. Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/