Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 3 VAN 7

Wikkel jou in sy liefde toe

Een van die mooiste prentjies is wanneer ’n klein kindjie onder ’n troetelkombersie toegewikkel lê en slaap. Dis mos dan wanneer die teerheid van ons liefde vir hulle ons amper weerloos maak. En ons selfs heimlik wens dat ons ook nog ’n stukkie van daardie onskuld en tevredenheid kan hê.

Maar nou is ons grootmense met ’n groot klomp verantwoordelikheid op ons skouers; mense wat al die lewe gelééf het. Ons het huppelend die vreugde van lag van die lewe geniet, maar ons het ook al die knieë van ons harte nerfaf geval. Ons het die heerlikheid van die liefde omarm, maar ons het ook al die pyn van ’n gebreekte hart beleef. Juis omdat ons die werklikheid van die verskillende fasette van die lewe besef, verlang ons soms na iemand wat omgee, wat ons ook weer in ’n kombersie van liefde kan toedraai en ons aan die slaap kan sus.

Dis presies waarom Christus gekom het: Om ons permanent met sy liefde te omhels. Al wat ons moet doen, is om tyd te maak om by Hom te gaan sit, stil te word en te ervaar hoe Hy vir ons sê: Ek het jou net so lief soos die Vader My liefhet. Wikkel jou elke oomblik van die dag in hierdie liefde van My toe.

Vou die sagtheid van u liefde heeldag om my hart, asseblief, Jesus. Amen

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak. In hierdie wete kan jy elke dag met nuwe moed aandurf.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/