Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 4 VAN 7

Soos ’n baba in sy arms ... so is jy!

Het jy al gesien hoe gryp ’n kleintjie na sy ma se hand en kruip agter haar weg wanneer hy/sy met ’n vreemde mens of situasie gekonfronteer word? Dis asof daar eenvoudig ’n spontane reaksie is van skuiling by haar soek in die seker wete dat dit veilig is by Ma, dat Mamma my sal beskerm en dat sy sal weet wat om te doen.

As ons maar net so spontaan oor ons Vader kan voel! As ons maar net met die oortuiging kan leef dat Hy ons soos die appel van sy oog beskerm en ons onder alle omstandighede die beste sal gee. Maar nou is ons mos grootmense wat al geleer het om “op ons eie voete te staan” en in onafhanklikheid en selfstandigheid ons ding te doen. Daarom is wegkruip agter ons Vader se rokspante nie altyd ons eerste reaksie nie. Kom ons verklaar sommer weer vandag opnuut ons kindskap en vra dat ons Vader ons sal leer om sommer net weer ’n wegkruip-kind by Hom te wees.

Mag jy soos die psalmdigter beleef: “Ek is tevrede soos ek is. Ek is soos ’n babatjie wat veilig in sy ma se arms lê. Die wêreld kan maar vergaan, maar ek voel veilig en tevrede.” (Ps 131:2)

Here, help my om myself werklik net in u liefdevolle arms te werp in die wete dat U my almagtige Vader-Moeder is. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak. In hierdie wete kan jy elke dag met nuwe moed aandurf.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/