Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 5 VAN 7

Sy troetelkombers-liefde vir jou

Ek dink nie ons het die vermoë om, terwyl ons nog op aarde is, heeltemal te besef hoe lief God ons regtig het nie. Ons mens-verstandjies en begrip van sy Goddelike liefde is eenvoudig te beperk. Tog kan ons met ons beperkte begrip in die belewenis van sy liefde groei ... omdat ons die Gees in ons het wat die omvang van sy liefde aan ons kan openbaar. En juis omdat die Gees in ons is, kan ons onsself elke dag in sy liefde toewikkel.

Om dit te doen, het ons egter stilte nodig: Stilte in sy teenwoordigheid. Dis wanneer ons tyd maak om by sy voete te gaan sit, wat ons iets sal voel van sy onbeperkte en onvoorwaardelike liefde vir ons.

Jy kan sommer nou God se liefde vir jou soos ’n sagte troetelkombers om jou skouers gooi. Word stil en laat toe dat Hy jou nou, op hierdie oomblik met sy groot liefde bederf ... Haal rustig asem en voel hoe Hy jou hart met sy liefde vol maak ...

Gees van God, ek wil heeldag in u sagte liefde bly. Amen

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak. In hierdie wete kan jy elke dag met nuwe moed aandurf.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/