Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 4 VAN 29

Soek die Vrede van God

Lees: Psalm 122

SOAP: Psalm 122:8–9

"Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe. Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek dat dit met jou goed sal gaan."

Oordenking

Een keer ‘n jaar sou die volk Israel na Jerusalem reis om offers te bring en God te aanbid. Terwyl hulle dit gedoen het sou hulle, waarna ons verwys as die Pelgrimsliedere (Psalm 120—134) voorlees en sing. Hierdie liedere het die volk herinner aan die goedheid van God, die prag van sy tempel en die vrede wat Hy aan hulle gee.

Psalm 122 is 'n oproep tot aanbidding. Die volk het dit saam gesing terwyl hulle opgegaan het (letterlik, aangesien Jerusalem bo-op 'n berg is) na die tempel. Hulle het mekaar herinner aan waarheen hulle op pad is en hoekom hulle daarheen gaan. Hulle het gebid vir vrede in Jerusalem, vir voorspoed en vir vrede vir die volk van God, ten spyte van die feit dat hulle oor die hele streek heen verstrooi was.

Terwyl ons vandag hierdie woorde lees, kan ons die verband sien met Jesaja se woorde wat die volk vertel van die komende heerlikheid van Jerusalem, wanneer alle volke God saam op sy berg sal aanbid. Ons leef in die tussen-in, die wag, die belofte wat nog nie gerealiseer het nie.

Advent is 'n tydperk van wag. Ons weet die Christus-kind het gekom, die Messias het reeds sonde en dood oorwin, maar ons wag op sy wederkoms, sy tweede koms, wanneer alles herstel en nuut gemaak sal word, en wanneer al God se kinders uiteindelik by sy tempel sal vergader en Hom aanbid.

Terwyl ons wag, kan ons bid soos die volk gemaak het toe hulle na die tempel gereis het. Hierdie psalm herinner ons om vandag te bid vir die verskillende gemeenskappe van God se mense. Ons hef mekaar op en bid vir voorspoed, vrede en sekuriteit. Ons kan in sy vrede rus, dit maak nie saak wat ons in die gesig staar nie, dit maak nie saak wat rondom ons gebeur nie, want Hy sal sy belofte nakom. Hy sal alles wat verlore gegaan het kom loskoop en herstel. Mag ons vrede hê terwyl ons op Hom wag.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans