Bybel Vir KindersVoorbeeld

Bybel Vir Kinders

DAG 2 VAN 8

GOD HET ALLES GEMAAK! Toe God die eerste mens Adam gemaak het, het hy en sy vrou in die tuin van Eden gebly Hulle was baie gelukkig en was met plesier aan God gehoorsaam tot eendag...

“Het God vir julle gesê julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?” Het die slang gevra. Eva het geandwoord, van die vrugte van al die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, mag ons nie eet nie en nie aan dit raak nie, anders sal ons doodgaan. Julle sal nie dood gaan nie het die slang gelieg. “Julle sal soos God word” het die slang gesê, Eva wou van die vrugte van die boom hê. Sy het na die slang geluister en van die vrugte geëet.

Nadat Eva ongehoorsaam was aan God het sy vir Adam ook van die vrugte gegee om te eet. Maar Adam moes gesê het, “Nee ek sal nie ongehoorsaam wees aan God nie.”

Nadat Adam gesondig het, het hulle agter gekom dat hulle kaal was. Hulle het vye blare aanmekaar gewerk om vir hulle klere te maak. Daarna het hulle in die bos gaan wegkruip vir God.

In die koel aandwind het God na die tuin gekom. Hy het geweet wat Adam en Eva gedoen het. Adam het vir Eva die skuld gegee. Eva het die slang die skuld gegee. Die slang is vervloek en Eva sal pyn hê as haar kinders gebore word. “Adam, omdat jy sonde gedoen het sal die aarde vervloek wees met bossies en dorings, jy sal moet hard werk en sweet om elke dag kos te hê om te eet.”

God het vir Adam en Eva uit die mooi tuin van Eden uitgesit. Omdat hulle sonde gedoen het, kon hulle nie meer elke dag saam met God wat vir hulle lewe gegee het kuier in die tuin nie!

God het ‘n engel by die tuin gesit, met die swaard wat vlam en flikker om Adam en Eva uit te hou. God het vir hulle klere van velle gemaak.

Na ‘n tyd het Adam en Eva kinders gehad. Hulle eerste kind was Kain hy was ‘n landbouer, Hulle tweede seun Abel was ‘n skaapwagter. Eendag het Kain vir God van sy groente en vrugte geoffer en Abel het die beste van sy skape vir God geoffer. God was tevrede met Abel se offer.

God was nie tevrede met Kain se offer nie. Kain het baie kwaad geword. God het vir hom gesê “as jy doen wat reg is, sal ek dit aanvaar”.

Kain was so kwaad dat dit nie wou weggaan nie. ‘n Ruk later in die veld het Hy vir Abel dood gemaak!

God het met Kain gepraat. “Waar is jou broer Abel?” hy antwoord: “Ek weet nie. Moet ek my broer oppas” God het vir Kain gesê van nou af sal die goed wat jy plant nie meer genoeg vrugte dra nie, en hy het vir Kain gesê van nou af sal jy rondtrek op die aarde dit sal jou straf wees.

Kain het weggegaan uit die teenwoordigheid van God. Hy was getroud met een van die dogters van Adam en Eva. Hulle het begin om kinders te hê. Baie gou het die stad wat Kain begin het vol geword van die kinders en die kleinkinders van Kain.

Intussen het Adam en Eva se familie ook vinnig gegroei. In daardie dae het die mense baie langer geleef as wat ons vandag leef.

Toe Eva se seun Set gebore is het Eva gesê, God het vir my Set gegee om Abel se plek te neem. Set was gehoorsaam aan God en het geleef tot hy 912 jaar oud was hy het baie kinders en kleinkinders gehad.

Op die aarde het die mense al meer sonde gedoen, elke geslag het meer sonde as die voorige geslag gedoen. Uiteindelik het God besluit om die aarde te vernietig ook al die diere en die voëls. God was baie spyt dat Hy die mens gemaak het. Daar was darem een man waarmee God tevrede was …

Die man was Noag. ‘n Kleinkind van Set, Noag het gedoen wat die Here wou gehad het hy moet doen. Hy was gehoorsaam aan God. Hy het ook sy drie seuns geleer om gehoorsaam te wees aan God. God het besluit om vir Noag op ‘n baie spesiale manier te gebruik.

Die Einde

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bybel Vir Kinders

Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

More

Ons wil graag Bible for Children, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php