Bybel Vir KindersVoorbeeld

Bybel Vir Kinders

DAG 5 VAN 8

Jesus het baie wonderwerke gedoen. Wonderwerke was tekens om te wys Jesus is regtig God se seun. Die eerste wonderwerk het by ‘n huweliks fees gebeur. ‘n Probleem het onstaan. Daar was nie genoeg wyn vir almal nie.

Maria, Jesus se ma het Hom van die problem vertel, sy het ook vir die diensknegte gesê om te doen wat Jesus beveel.

“Maak die potte vol met water,” het Jesus gesê. “Water?” het hulle gevra. Ja, water was die versoek van Jesus.

Jesus sê toe vir ‘n dienskneg om van een groot pot te vat en die man in beheer van die fees te laat proe. Die water was nou wyn! Goeie wyn! Die beste wyn!

Die diensknegte was verstom. Jesus het water in wyn verander. Net God kan sulke wonderwerke doen.

Jesus het ander wonderwerke ook gedoen. Een aand het Hy en sy dissipels na Petrus se huis gegaan. Petrus se skoonma was baie siek van koors.

Jesus het die siek vrou se hand aangeraak. Binne ‘n oomblik was sy gesond. Sy het opgestaan om Jesus en sy dissipels te bedien.

Teen die aand het dit gelyk asof die hele stad voor die deur bymekaar gekom het. Siek mense het gekom – blindes, dowes, dommes en verlamdes. Tot mense met bose geeste in hulle het na Jesus gekom.

Jesus, God se Seun, kon help. Jesus het gehelp. Almal wat na Hom gekom het was genees. Mense wat deur die lewe geworstel het met krukke kon nou loop en hardloop en huppel.

Ander wat gekom het was lelik deur melaats. Hulle het weer heel en skoon geword deur Jesus wat hulle gesond gemaak het.

Mans en vroue wat in besit geneem is deur bose geeste het voor Jesus kom staan. Hy het die bose geeste bevel om hulle te verlaar. Soos die bose geeste gehoorsaam het, was die bose geeste baie bang en ongelukkig en die mense het kalm en gelukkig geword.

Agter die skare het vier mans prober om hulle vriend by Jesus te kry. Maar hulle kon nie naby Hom kom nie. Wat moet hulle doen?

Hulle het die man tot op die huis se dak gedra, die vier getroue vriende het dak uitmekaar gehaal en hulle vriend deur die dak gesak. Nou was hy naby Jesus.

Jesus het gesien die vier vriende het geglo. Hy sê toe vir die siek man, “Jou sonde is vergewe. Vat jou bed en loop.” Die man het opgestaan, sterk en gesond. Jesus het hom genees.

Kort daarna was Jesus in ‘n boot saam die dissipels. ‘N vreeslike strom het uitgebreek op die see. Jesus het geslaap. Die bang dissipels het Hom wakker gemaak. “Here, red ons,” het hulle gehuil. “Ons vergaan!”

“Wees kalm,” het Jesus die golwe bevel. Die see was onmiddelik kalm. “Watse man is dit?” het Sy dissipels gefluister. Tot die see en die wind gehoorsaam Hom. Hulle het geglo Jesus was God se seun want Sy wonderwerke het Sy glorie gewys. Die dissipels het dit nie geweet nie, maar hulle sou Jesus nog groter wonderwerke sien doen, soos Hy God sou dien tussen mense.

Die Einde

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Bybel Vir Kinders

Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

More

Ons wil graag Bible for Children, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php