Bybel Vir KindersVoorbeeld

Bybel Vir Kinders

DAG 7 VAN 8

Terwyl Jesus op die aarde was he thy Sy dissipels van die hemel vertel. Hy het dit “My Vader se Huis” genoem en ook dat daar baie wonings. ‘n Woning is ‘n groot, pragtige huis. Die Hemel is grooter en baie mooier as enige huis op aarde.

Jesus se toe vir hulle: “Ek gaan om vir julle ‘n plek te berei, Ek sal weer terugkom om julle te kom haal.” Jesus het hemel toe gegaan na Sy dood en opstanding. Terwyl Jesus se dissipels by Hom was het ‘n wolk Hom toegevou en weggeneem na die hemel.

Tot vandag toe onthou Christene dat Jesus belowe he tom terug te kom en ons te kom haal. Hy het gese dat hy skielik sal kom, wanneer ons dit die minste verwag. Maar wat van die Christene voor Jesus se opstanding? Die Bybel se hulle is reguit hemel toe om by Jesus te wees. Wanneer ons nie meer lewe in ons liggaam nie, is ons Gees lewend by God.

Openbaring, die heel laaste boek in die Bybel, vertel ons hoe wonderlik die hemel is. Dis so wonderlik om te dink dat die Hemel, God se huis is! God is oral, maar sy troon is in die Hemel.

Engele en ander hemel wesens prys God in die Hemel. Almal wat reeds gesterf het en in die hemel is, prys Hom ook elke dag. Hulle sing spesiale liedjies van lofsang tot eer van God. Hier is die woorde van een van die liedjies wat hulle sing: U is waardig om die Boek te neem, en sy seels oop te maak, want U het ons met U bloed gekoop, uit elke stam, nasie, volk en taal. U het ons tot konings en priesters vereer vir ons God.

Die heel laaste bladsy van die Bybel beskryf vir ons die Hemel as die “Nuwe Jerusalem”. Dit is baie, baie groot met ‘n hoe muur reg rondom die stad. Die muur is van Jasper steen, dit blink soos kristal. Juwele en edelgesteentes is die fondasie van die muur, dit blink met die mooiste kleure! Elkeen van die stadspoorte is gemaak van ‘n reuse perel!

Die stadspoorte is nooit gesluit nie. Kom ons gaan in en kyk ‘n bietjie rond… WOW! Die hemel is selfs nog mooier aan die binnekant. Die stad is gemaak van suiwer goud, dit blink soos glas. Selfs die strate is van goud gemaak!

‘n Pragtige, helder skoon rivier van lewende water floei vanaf God se troon. Aan albei kante van die rivier is die boom van die lewe, dieselfde boom wat in die Tuin van Eden was. Hierdie boom is baie spesiaal. Dit dra twaalf verskillende soorte vrugte, ‘n ander sort elke maand. Hierdie boom is vir die genesing van die nasies.

Die hemel het nie die son nodig vir lig nie. God se glorie vul die hemel met sy wonderlike lig. Daar is ook nie dag of nag nie.

Selfs die diere in die hemel is anders. Hulle is almal mak en vriendelik. Wolwe en skape wei saam op die gras. Selfs die magtige koning leeu eet strooi soos die beeste. Die Here se: “Hulle sal niemand seermaak of vernietig in My heilige berg nie.”

Wanneer ons rondkyk sien ons daar is dinge weg uit die hemel. Niemand word kwaad nie. Niemand baklei of is selfsugtig nie. Daar is nie slotte aan die deure nie, want daar is nie diewe in die hemel nie. Daar is ook nie leunaars, moordenaar, towenaars of skelms nie. Daar is geen sonde van enige aard in die hemel nie.

In die hemel saam met God is daar geen trane meer nie. Soms, in ons aardse lewe huil ons oor dinge wat ons seer maak in die lewe. In die hemel sal God al ons trane af vee.

Niemand gaan dood in die hemel nie. God se kinders sal vir ewig saam met Hom daar wees. Daar is geen smarte of trane of pyn in die hemel nie. Geen siektes, of skeiding, of begrafnisse nie. Almal is gelukkig in die hemel vir ewig saam met God.

Hier is die beste storie ooit! Die hemel is vir seuns en dogters (groot mense ook) wat Jesus Christus aangeneem het en gehoorsaam was aan Hom en hom as hulle Here uit geleef het. In die hemel is daar ‘n boek en dit word genoem die Boek van die Lam. Dit is vol van mense se name. Weet jy wie se name is daarin geskryf? Al die mense wat hulle vertroue in die Here geplaas het. Is jou naam daarin geskryf?

Die laaste woorde oor die hemel is ‘n wonderlike uitnodiging. “Die Gees van die bruid se ‘Kom!’ En aan die wat hoor laat hom se ‘Kom’ Aan die wat dors het kom. Aan almal wat dors het, laat hom drink van die water van die ewige lewe.”

Die Einde

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Bybel Vir Kinders

Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

More

Ons wil graag Bible for Children, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php