Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Lig van die Wêreld
Lees: Matteus 5:13–16
SOAP: Matteus 5:14, 16
Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.
Oordenking
Ons is geroep om die lig van die wêreld te wees. Soos ‘n ligttoring wat skepe op ‘n donker, stormagtige nag na veiligheid lei, is ons ‘n baken wat Jesus reflekteer aan diegene wat desperaat op soek is na ‘n veilige plek om te land. Ons lei die verlorenes terug huis toe waar Jesus wag om verlossing te bied. Ons bring kleur en lewenskragtigheid na ‘n donker wêreld en openbaar die waarheid oor wie God is en wat Hy vir ons gedoen het. In plaas daarvan om rond te struikel en te hoop dat die volgende stap die regte een is, skyn ons ‘n lig op die pad wat God van die begin af vir ons gemerk het: die pad wat ons teruglei na Hom toe, die pad wat ons huis toe lei.
Dit kan makliker voel om te kies om nie by die wêreld betrokke te raak nie, om weggesteek te bly sodat die duisternis en pyn en verdeeldheid ons nie kan vind nie, maar ons word nie geroep om weg te kruip nie. Ons word geroep om betrokke te raak, om die pad te verlig en ander die weg te wys wat lei na vreugde, hoop en vrede. Die lig wat ons skyn trek mense na ons toe, want iewers in hul harte is wat St. Augustine ‘n “God-grootte ruimte” genoem het en ons kan diegene wees wat hulle help om die enigste Een te ontmoet wat daardie leemte in hul lewens kan vul.
Om jou lig te skyn beteken nie dat jy skielik ‘n ekstrovert openbare spreker moet word wat dit geniet om by vreemdelinge aan te klop en hulle van Jesus te vertel nie. Wanneer jy naby Jesus bly, meer van Hom leer, God se Woord lees, tyd spandeer saam met ander gelowiges wat jou aanmoedig en opbou, sal jou alledaagse gewone lewe ‘n lig word vir diegene rondom jou. Wannner jy mense liefhet wat moeilik is om lief te hê, sal jy ‘n lig wees. Wannner jy nederig dien sonder om iets terug te verwag, sal jy ‘n lig wees. Bid dat God jou die geleenthede, moed en woorde sal gee om aan diegene rondom jou te verduidelik oor die Bron van hierdie lig. Skyn, liewe vriendin, net waar jy is!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans