Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Betoon Deernis
Lees: Sagaria 7:8–10
SOAP: Sagaria 7:9–10
So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie; moenie bose planne teen mekaar bedink nie.
Oordenking
Die naam Sagaria beteken “Yahweh Onthou.” Die profetiese boodskap van Sagaria sluit kragtige boodskappe van hoop in: God sou sy volk onthou. Hy is altyd by ons ongeag die omstandighede. Selfs in hartseer, onverwagte pyn of langdurige lyding onthou God ons. Hy betoon deernis aan ons wannneer ons dit die nodigste het en dien as die perfekte voorbeeld, sodat ons wat na sy beeld geskape is, daardie sorg aan ander kan weerspieël.
Die woord “deernis” kom van twee Latynse woorde wat beteken “om mee te ly.” Dit is nie net simpatie nie, maar ook empatie. Dit is om saam met iemand anders te wandel terwyl hulle deur ‘n moeilike tyd gaan, op dieselfde manier waarop God deernis aan ons toon deur te belowe om ons nooit te verlaat nie. God het ons ook gemaak om in gemeenskap te leef, spesifiek die Bybelse gemeenskap waarvan ons geleer het, om ons te ondersteun wanneer ons dit die nodigste het. Dit is ‘n gawe om ‘n groep eendersdenkende gelowiges te hê wat nie net hartseer vir ons sal voel nie, maar sal kies om saam met ons deur die lewe te stap.
Diegene in die wêreld wat ons die nodigste het – die weduwee, die weeskind, die vreemdeling, die armes – moet met deernis versorg word. Die opdrag om vir hierdie kwesbare mensegroepe te sorg het nie verander sedert die eerste keer dat God dit met die profete in die Out Testament gedeel het nie. Niemand wat hulp nodig het moet geїgnoreer, oor die hoof gesien of vergeet word nie. Almal – van ‘n suster tot ‘n vreemdeling – verdien deernis.
Onderwyl ons die lig van God in die wêreld skyn, mag ons werklik diegene sien wat liefde en deernis nodig het. Mag ons vroue wees wat goeie rentmeesters is van die gawes, tyd en hulpbronne wat God ons gegee het terwyl ons vir daardie kosbare mense wat God in ons lewens geplaas het, wys dat hulle gesien, geken en geliefd is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans