Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 23 VAN 29

Memoriseervers:

Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

Matteus 22:37–39

Uitdaging vir die Week:

Deel daarvan om ander lief te hê soos jouself is om om te gee vir hulle behoeftes en jouself in hul skoene te plaas. Hier by Love God Greatly doen ons dit deur Bybelstudies vir vroue te voorsien in meer as 40 tale. Ons is dankbaar om hierdie studies in Engels te hê en wil hê dat ander vroue in nie-Engelssprekende lande dieselfde geleentheid moet hê. Hierdie week vra ons jou om saam met ons op hierdie missie te gaan deur ons te help om die nasies met God se Woord te bereik! Ons het elkeen ‘n rol om te speel in die verspreiding van die Goeie Nuus van God se liefde tot aan die uithoeke van die aarde. Wees hierdie week doelgerig en stel Love God Greatly bekend aan mense wat met ons hulpbronne geseën kan word.

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans