Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 22 VAN 29

Oordenkingsvrae:

Week 3—Gemaak vir Gemeenskap met jou Plaaslike Kerk

1. Wat belowe Jesus sal gebeur wanneer ons in sy Naam vergader, volgens Matteus 18:20? Hoe bring hierdie belofte vir jou vertroosting in moeilike tye?

2. Wat is 'n paar aktiwiteite wat ons in ons lewens moet aankweek wanneer ons in gemeenskap saamkom met diegene van ons plaaslike kerk, gebaseer op Handelinge 2:42?

3. 1 Petrus 4:7–11 is propvol maniere om gemeenskap in ons lewens aan te kweek. Lees dit en lys 'n paar van die maniere waarop jy meer doelgerig met jou plaaslike kerkgemeenskap kan wees.

4. Wanneer ons kies om in eenheid met ander gelowiges te lewe, wat moet ons as 'n prioriteit in ons lewens behou, volgens Efesiërs 4:1–6?

5. Nadat ons Hebreërs 10:24–25 gelees het, wat is twee belangrike dinge wat ons in ons lewens moet doen om te help om ons plaaslike kerkgemeenskappe op te bou?

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans