Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 21 VAN 29

Hou Aan om Saam te Vergader

Lees: Hebreërs 10:19–25

SOAP: Hebreërs 10:24–25

Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Oordenking

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, is die voorhangsel wat die mensdom van God geskei het, geskeur. Daar is nou geen versperring wat ons daarvan weerhou om in sy teenwoordigheid te wees nie. Ons hoef nie meer na 'n tempel te gaan om iemand anders namens ons te laat bid nie. Ons is 'n lewende tempel vir Jesus. Hy is altyd by ons. Ons kan vol vertroue wees dat wanneer ons na Hom toe gaan, Hy daar sal wees en Hy sal luister.

Dit is met hierdie vertroue dat ons bymekaar moet kom terwyl ons vashou aan die hoop wat ons in Jesus het. Dit is hierdie hoop, die geloof dat God sy beloftes sal nakom, wat ons aanmoedig om meer lief te hê en meer te dien. Wanneer ons as 'n gemeenskap van gelowiges in die plaaslike kerk bymekaarkom, is dit 'n geleentheid om mekaar te bemoedig terwyl ons met een doel saamwerk: om die lewens-veranderende Goeie Nuus van die evangelie met soveel mense as moontlik te deel.

Ons sal almal een of ander tyd op hierdie reis moedeloos raak. Ons sal moeg word en wonder of die bou van hierdie Bybelse geloofsgemeenskap die harde werk, verwerping en onsekerheid werd is. Ons het mekaar nodig, so wanneer daardie dag aanbreek en ons die aanmoediging en motivering nodig het om aan te hou, sal ons iemand daar hê wat vir ons kan bid, vir ons kan juig en ons kan help om die volgende stap te neem.

God hou altyd sy beloftes, en maak nie saak hoe moeilik dinge raak of hoe stadig dit voel of jy gaan terwyl jy Jesus volg nie, jy is nooit alleen nie. Jy is gemaak vir gemeenskap met God, met vriende en familie, en met die plaaslike kerk. Jou gemeenskap het jou nodig om jou volle self, alles wat God jou gemaak het om te wees, te bring om 'n plek te vul wat perfek vir jou ontwerp is.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans