Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 19 VAN 29

Alle Nasies

Lees: Genesis 12:3; 22:18; Psalm 72:17; Galasiërs 3:6–16

SOAP: Galasiërs 3:8–9

"Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.” Dit is dus dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word."

Oordenking

Ongeveer tweeduisend jaar voor die geboorte van Christus het God 'n belofte gemaak aan 'n man wat geen kinders gehad het nie. God het belowe om vir hierdie man 'n nasaat te gee en nie net een nasaat nie, maar so baie nasate dat hulle soos die sterre in die hemel sou wees. God het belowe om al die nasies van die wêreld deur hierdie man te seën.

Uiteindelik het hierdie man, Abraham, wel kinders gehad en sy gesin het voortgegaan. Jakob, Abraham se kleinseun, is hierdie selfde belofte gegee. God het vir Jakob verseker dat hy ‘n groot nageslag sou hê, net soos Hy aan Abraham belowe het.

Jakob, ook genoem Israel, het die vader van 'n nasie geword. Hierdie volk Israel is deur God afgesonder om sy liefde aan die wêreld te wys. Alhoewel hulle keer op keer gefaal het, was God getrou. Hy het voortgegaan om die belofte te hou wat Hy aan Abraham en Jakob gemaak het en Hy het hulle nageslag bewaar sodat hulle 'n seën vir die wêreld sou wees.

God se mense het geweet wat Hy belowe het. Hulle het ook verstaan ​​dat een spesifieke afstammeling van Abraham die Een sou wees wat alle nasies sou seën. Hulle het gewag op hierdie Messias, hierdie beloofde verlosser wat alle volke sou seën.

Abraham is deur God as regverdig beskou as gevolg van sy geloof. Vandag word ons ook deur God regverdig gereken vanweë ons geloof. Terwyl Abraham se geloof in die belofte van 'n Messias was, is ons geloof in die voltooide werk van die Messias, Jesus Christus. God het die seën van regverdigmaking deur geloof uitgebrei na die heidene, diegene buite die volk Israel, maar ons word nog steeds geregverdig uit genade deur geloof. Deur in Jesus te glo en in wat Hy vir ons gedoen het, erf ons ook die belofte wat God aan Abraham gegee het. Ons geniet die seën om ingesluit te wees in God se uitverkore gesin wanneer ons ons geloof in Christus plaas. Dit maak nie meer saak wat ons afkoms of nasionaliteit mag wees nie; al wat saak maak is ons geloof.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com