Die Beloofde MessiasVoorbeeld
![Die Beloofde Messias](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F41482%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Oordenkingsvrae:
1. Wat beteken dit om te sê dat al God se beloftes "ja" is in Christus?
2. Waarom was dit belangrik vir God om 'n boodskapper voor die Messias uit te stuur? Hoe het die boodskapper Elisabet en Sagaria voorberei vir die koms van die Messias?
3. Lees Lukas 1:46–56. Waarom was Maria in staat om God te loof te midde van soveel onsekerheid?
4. God hou sy beloftes aan sy volk. Hy het Sagaria toegelaat om weer te praat, vir Elisabet die begeerte van haar hart gegee en Maria vertroosting en hulp gegee in haar tyd van nood. Wat kan Hy tans in jou lewe doen, selfs in jou smagtinge of kortstondige ongeloof?
5. Op watter belofte wag jy dat God vir jou in jou huidige seisoen vervul? As God sy belofte om 'n Messias te stuur kon nakom, kan Hy sekerlik sy beloftes aan jou nakom. Skryf 'n kort dankgebed aan God vir sy belofte-houdende karakter, ongeag jou omstandighede.
Aangaande hierdie leesplan
![Die Beloofde Messias](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F41482%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com