Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 28 VAN 29

Voltooide Beloftes

Lees: Lukas 2:1–52

SOAP: Lukas 2:10–12

"Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”

Oordenking

Maria. Josef. Die herders. Simeon. Anna. Geeneen van hierdie mense was buitengewoon nie. Nie een van hulle was heersers of mense wat groot invloed gehad het nie, maar hulle was getrou met wat God vir hulle gegee het. Maria en Josef was getrou om ouers te wees vir die Seun van God en vir Hom te sorg. Die herders was getrou om hulle kudde te versorg en snags by hulle kudde te bly. Simeon was regverdig, vroom en bedag op die Heilige Gees. Anna het God getrou elke dag in die tempel aanbid.

Die engel het goeie nuus aan die herders gebring. Die herders het oor hulle skape waggehou en hulle het groot geskrik toe die engel aan hulle verskyn het. Nadat hulle die goeie nuus wat aan hulle gebring is, verstaan het, het hulle gegaan en Jesus aanbid.

Simeon het geduldig gewag vir die herstel van Israel. Hy het God geglo toe daar aan hom bekend gemaak is dat hy nie sal sterf voordat hy die Messias gesien het nie. Gelei deur die Heilige Gees, het Simeon Jesus herken as die beloofde Messias en Hom aanbid.

Anna was 'n jong vrou toe haar man oorlede is, maar sy het haar lewe spandeer om God te loof, te bid en te vas. Sy het ook vir Jesus herken en Hom aanbid.

Jesus is die Christus, die Messias van die wêreld. Hy het gekom om verlossing aan almal te bied. Dit is nie beperk tot die elite, die rykes, die suksesvolles of die gesondes nie. Dit is nie gebonde aan geslag, ras of status nie. Jesus het gekom om verlorenes te soek en te red en almal mag na Hom toe kom. Hy is die volle en finale vervulling van God se beloftes.

Hoewel hierdie mans en vroue wat vir Jesus eerste gesien het, erken is vir hulle getrouheid, het hulle nie hul verlossing verwerf nie. God wil graag ons getrouheid hê, maar dit is nie wat ons red nie. Hy is die Verlosser van die wêreld en ons verlossing rus op Hom alleen. Hy is getrou en dit is goeie nuus! Ons hoef nie bang te wees nie. Ons kan groot vreugde vind in die beloftehoudende karakter van God, die enigste Een wat nooit faal nie!

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

Verwante Leesplanne