Leef vryVoorbeeld
Dien en versprei die nuus
Ons is baie bewus van Jesus se genesingskrag in ons wanneer ons besef dat ons genees is om God en ander te dien en die goeie nuus van sy genade aan almal te verkondig.
In Lukas 4 gaan Jesus na Simon se huis toe. Sy skoonma is baie siek en almal is baie bekommerd oor haar. Jesus maak haar gesond. Sy staan dadelik op en maak vir Hom en die ander mense in die huis kos. Sy rek nie die oomblik uit deur haarself te bejammer en al die aandag te geniet nie. Sy mors nie tyd nie. Sy dink: “Ek is piekfyn! Nou kan ek vir iemand iets beteken.”
Ons sien iets soortgelyks by Levi (wat Matteus word) in Lukas 5. Jesus roep hom, aanvaar hom en vergewe hom. Levi reageer op daardie barmhartigheid en liefde — daardie geestelike genesing — deur dit weer aan sy vriende te bewys. Hy hou ’n feesete. Hy dien. Hy geniet nie net sy goeie geluk en sê: “O sjoe, ek is so gelukkig” nie. Hy versprei die nuus en die liefde doelbewus.
As God dit goedgedink het om jou te genees — fisiek, emosioneel of geestelik – hoe stort jy jou dankbaarheid en jou energie uit? Wie kan jy bemoedig deur te getuig van die goedheid wat God aan jou bewys het? Wie het jou praktiese hulp of gebed nodig? Moenie uitstel nie. Dien en versprei die nuus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos so 'n persoon dink. Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal. ’n Ingesteldheid van dankbaarheid kan dus een van ons beste bates wees.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/