Leef vryVoorbeeld

Leef vry

DAG 6 VAN 7

Ses van die beste

Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal.

Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos daardie persoon dink. Navorsing in neuroplastisiteit en sielkunde het ontdek dat dit drie positiewe gedagtes verg om ’n enkele negatiewe gedagte uit te balanseer. As jy ’n gesonde, kreatiewe brein wil hê, wat probleme kan oplos en waarde kan toevoeg waar jy kan, moet jy elke pessimistiese, depressiewe of destruktiewe gedagte verdryf met ses positiewe gedagtes.

As ’n mens uitgeput is, is dit moeilik om enige positiewe gedagtes te dink. As jy dus gedurig deur negatiewe gedagtes oorval word, probeer eerstens om goeie nagrus te kry. Stel jou foon vir ’n sekere tyd in die aand om jou te herinner dat dit tyd raak om te gaan slaap. Jy het slaap nodig. God nie. Gee jou kommer aan Hom oor en kry rus.

Kom tweedens in die gewoonte om dankbaar te wees. Dink elke dag aan drie dinge waarvoor jy dankbaar is. Dan het jy drie positiewe gedagtes gereed wanneer ’n negatiewe gedagte by jou opkom. Is drie te veel? Dink aan een. Herhaal die gedagte drie keer — of nog beter, ses keer – wanneer die negatiwiteit jou oorval of voordat jy kla oor alles in jou lewe wat so moeilik is. Trek jou asem diep in en dink byvoorbeeld: "Ek is dankbaar vir koffie, koffie, koffie, koffie, koffie, koffie." Jou negatiwiteit sal begin verdwyn en jy sal vry voel om die beste weergawe van jouself te wees.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Leef vry

Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos so 'n persoon dink. Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal. ’n Ingesteldheid van dankbaarheid kan dus een van ons beste bates wees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/