'n Goddelike LeweVoorbeeld

'n Goddelike Lewe

DAG 7 VAN 10

DEEL JOU GELOOF MET JOU KINDERS

“Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is” 2 Timoteus 1:5.

Volgens Handelinge 16:1 was Timoteus se pa ‘n Griek. ‘n Nasie wat allerhande afgode gehad het. Tog was sy ma en sy ouma gelowige vroue. Timoteus het die Joodse geloof met moedersmelk al begin inkry. Hulle het hom alles geleer wat ‘n Joodse kind moet weet. By hulle kry hy nie net teoretiese kennis nie, maar hy sien ook hoe hulle die geloof uitleef en geleef behoort te word. Gepas beteken Timoteus dan ook “iemand wat die Here vrees.” So word Timoteus dus groot met ‘n groot liefde vir die Here en vir sy Woord! Dit was byna vanselfsprekend dat hy, as hy eendag groot is, vir die Here sou werk. Timoteus hoor van Christus en gryp sonder twyfel die evangelie aan en word ‘n Christen. Ek dink dat sy ma en sy ouma so dankbaar en trots moes gewees het toe hy die dag homself by Paulus aansluit, en hom op sy sendingreise vergesel.

Die waarde van Christelike opvoeding is onskatbaar. Wanneer ouers reg leef en ‘n goeie voorbeeld is, is die meeste kinders natuurlike gelowiges. Om ‘n liefde vir die Woord van God by jou kinders te kweek, is sekerlik die grootste geskenk wat jy vir hulle kan gee. Bybelkennis sal vir hulle ‘n bron van krag word vir die res van hulle lewe.

Maak seker dat jou kinders en kleinkinders van kleins af deel in jou geloof.

Gebed

“Hemelse Vader, dankie dat ek die voorreg het om my geloof vrylik met hulle vir wie ek lief is te deel. Ek bid en vra dat hulle ook sal kies om U te dien. In die Naam van Jesus. Amen!”

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

'n Goddelike Lewe

'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.

More

Ons wil graag Worthy Ministry Brakpan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worthyministry.wixsite.com/brakpan