'n Goddelike LeweVoorbeeld
!['n Goddelike Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F42389%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
DIE EVANGELIE IS ‘N KRAG VAN GOD
“Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” 1 Korintiërs 1:18.
Baie jare gelede het Jesus gesterf en Hy het opgestaan sodat ek en jy ewige lewe kan kry. Paulus skryf in 1 Korintiërs 1:23, dat die evangelie ‘n aanstoot is vir die Jode en vir die Grieke is dit onsin, maar vir hulle wat in Christus glo, is dit die krag van God.
Uit die oorspronklike Grieks is die woord “skandalos” waarvan ons die Afrikaanse woord “skandalig” het. Die woord wat met “onsin” vertaal word, het dieselfde woordstam as waarvan ons die woord “idioot” van kry. Wat Paulus hier wil sê, is dat die evangelie nie vir hierdie mense sin maak nie.
Vandag is dit steeds moeilik om die evangelie vir die wêreld aanvaarbaar te maak. Hulle sal nooit verstaan hoe mens jou vyande kan liefhê, ander eerste kan stel en nederig kan wees nie, hoe jy die ander wang draai al kry jy ‘n klap dat die bloed spat en hoe rykdom van die wêreld nie vir hulle belangrik is nie. Christene se lewenstyl maak steeds nie sin vir nie-Christene nie. Hulle beskou dit steeds as belaglik.
Is jy ‘n Christen?
Weet dan soos ek dat die wêreld nie vir jou plek gaan hê nie. Dat jy geen staanplek gaan hê in ‘n plek waar mense nie met jou saamstem nie. Jy moet weet dat jou geloof offers gaan vra. MAAR … as jy lewe volgens die evangelie wat vir jou krag van God is, sal jy ontdek dat die wêreld van jou kennis gaan neem: meer nog, dat jy die wêreld gaan omkeer! Is jy bereid om dit te probeer?
Gebed
“Here Jesus, baie dankie vir die boodskap van u kruis wat vir my die krag van God is. Dankie dat ek anders kan wees en leef omdat ek aan U behoort. In die Naam van Jesus. Amen!”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
!['n Goddelike Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F42389%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.
More
Ons wil graag Worthy Ministry Brakpan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worthyministry.wixsite.com/brakpan