AfgesonderVoorbeeld
Week 3: Afgesonder in Ons Gedagtes
Memoriseervers
En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Romeine 12:1–2
Uitdaging vir die week
Om heeltyd in ons gedagtes afgesonderd van die wêreld te wees is ‘n voortdurende stryd. Ons gedagtes word gereeld gevul deur wat rondom ons is. Kyk hierdie week eerlik na die dinge wat jy elke dag in jou gedagtes plaas deur byvoorbeeld boeke, TV-programme, flieks, musiek, sosiale media en foto's. Moedig hierdie dinge jou aan om afgesonderd te wees vir God? Vernuwe dit jou gedagtes met die dinge van God? Indien nie, hoe kan jy 'n verandering maak aan dít wat jou gedagtes vul sodat dit God eer?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/