Waarom antwoord God nie my gebed nie?Voorbeeld
No.9 - 'n Geestelike skool
Daar is tye wanneer daar geen sonde in ons lewens is nie — en ons vra nie iets buite die wil van God nie; tog voel ons steeds dat die Here ons nie hoor nie. In sulke tye is ons in God se geestelike skool, waar Hy ons leer van geloof en 'n dieper lewe saam met God. Daar berei God ons voor om in 'n gebroke wêreld uit te gaan en met mense in pyn, verwarring, bitterheid, verlies en verskillende vorme van gebrokenheid te praat.
No.10 - Bid volgens God se geopenbaarde wil in die Skrif.
Leer om te bid volgens die Woord — en God se beloftes en opdragte in die Woord. God verbind Homself daartoe om die beloftes in sy Woord na te kom. Dikwels vra ons dinge buite God se beloftes in sy Woord. Soms bid ons selfs teen duidelike riglyne in die Woord. Maak seker dat wat jy van God vra, in ooreenstemming met die Woord en God se beloftes is. So dikwels hoor ons mense "wat volgens God se beloftes bid", maar hulle gehoorsaam nie God se gebooie nie.
No.11 - Leef volgens die lig wat jy het.
Soms wil ons ver vooruit weet wat ons moet doen of wat gaan gebeur. God gee ons soms 'n profetiese woord om vir ons die pad aan te wys. Die belangrike beginsel is egter om een tree op 'n slag te gee, om te beweeg volgens die lig wat jy het totdat God die volgende tree aanwys. As daar geen verdere lig is nie, moet jy wag. Hanteer profetiese woorde, drome en visioene met groot omsigtigheid. Dit maak nie saak van wie die profetiese woord kom nie. Profetiese woorde en buitengewone openbarings moet telkens getoets word.
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense wonder waarom hulle nie antwoorde kry wanneer hulle bid nie. Hierdie leesplan gee 'n aantal redes wat jou kan help.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/