Waarom antwoord God nie my gebed nie?Voorbeeld
No.12 - Nie bereid om éérs by myself te begin nie.
Baie mense bid dat die "ander" persoon sal verander, maar hoor nie wanneer die Here vir hulle areas in hul eie lewens wys waar verandering nodig is nie. Dit is een van die groot probleme rakende onbeantwoorde gebede. 'n Vrou het my gebel en gevra om vir haar man te bid. Ek vra toe: "Hoe is jou houding teenoor jou man?" Sy sê toe dit het niks met haar man se probleem te doen nie. Ek vra toe weer dieselfde vraag – waarop sy die foon neergesit het. Sy het geweet dat daar dinge in haar eie lewe is wat verkeerd was, maar vir haar het dit net daaroor gegaan dat God haar man moet verander.
No.13 – Soms probeer ons om vir God te sê wat om te doen.
Baie kere het ons dié gesindheid: Ek wil na God toe gaan en vir Hom sê wat Hy moet doen. Ek wil vir Hom raad gee. Te dikwels is ons net so seker van onsself. "Here, hier is die plan, kan U asseblief net u stempel daarop sit. Dit sal 'n mate van gesag verleen aan dit wat ek wil gaan doen. Ek kom eintlik nie om 'n antwoord te vra nie, net u ondersteuning."
No.14 - Neutrale grond
Te dikwels wil ons iets so graag hê dat ons nie na God se woorde luister of antwoorde wil kry nie. Maak seker jy kom by 'n plek waar jy neutraal is teenoor die saak waaroor jy bid. Dan sal jy kan luister en bereid wees om God se wil te aanvaar. Dit sal antwoorde bring op baie onbeantwoorde gebede.
Nr.15 - Nog steeds geen antwoorde nie
Daar is dikwels nog vrae oor onbeantwoorde gebede. Dit is noodsaaklik om te verstaan dat daar soms geen antwoorde hier op aarde sal wees nie. God gee nie antwoorde op alle dinge nie. Dit beteken nie dat daar nie antwoorde is nie. God is nooit in die verleentheid of nie in staat om ons te help nie. God swyg slegs as gevolg van redes wat ons nie verstaan nie. God is God. Kom ons leef volgens die lig wat ons het. Daar is dinge wat God aan ons openbaar, en daar is dinge wat God verborge hou (Deuteronomum 29:29).
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense wonder waarom hulle nie antwoorde kry wanneer hulle bid nie. Hierdie leesplan gee 'n aantal redes wat jou kan help.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/