Hoop Vir Jou PadVoorbeeld

Hoop Vir Jou Pad

DAG 2 VAN 5

“Hoop het ’n Naam en Adres”

 

Hoop het ’n Naam en ’n Adres – volgens die Nuwe Testament in elk geval: Jesus Christus is die oorsprong en die einddoel van ons hoop. 

 

Hoop hier aan ons kant van die draad is gelyk aan ’n innerlike wete in ons harte dat Hy al ons droogmaak en sondes van gister en eergister heeltemal uitgevee het. En dat Hy ’n nuwe pad vir ons gebou het wat eindig in die ewige stad van God. 

 

Hoop maak dat al die seer en swaar wat ons tans sien en ervaar nie die laaste sê het nie. Hoop maak dat ons vasbyt omdat ons weet daar wag ’n nuwe wêreld op ons. Hoop maak ons nie wêreldvreemd nie. Dit laat ons nie vlug van alles wat nog hier op aarde gebeur nie. 

 

Die vaste hoop in ons harte laat ons juis voluit leef vir God en vir ander. Hoop maak ons oë oop om die Onsienlike nou reeds te sien en om elke dag met blymoedigheid aan te durf.

 

Hierdie oordenking is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir Jou Pad

Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Stephan Joubert uit OP GOD SE GENADEPAD. Hierdie oordenkings is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy    http://www.cumbooks.co.za/ https://www.amazon.com/author/stephanjoubert  

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/