Deel Jesus met VertroueVoorbeeld
Geloof in God
As jy die konsep van geloof in ’n huweliksmaat of vriend se verbintenis kan begin verstaan, selfs wanneer jy nie saam met die persoon kan wees en die persoon kan sien nie, kan jy ook begin om geloof te hê in ander dinge wat jy nie kan sien nie. Alhoewel jy dit dalk nie met die blote oog kan sien nie, kan jy steeds die resultate sien. In die voorbeeld van die kamer vol paartjies sal jy waarskynlik, ná ’n paar gesprekke met al die mense, kan begin om hulle by mekaar te pas. Alhoewel jy nie eintlik hul huwelike sou sien nie, kan jy die resultate van hul lewens saam begin sien.
Ek verstaan nie die vele fasette van vliegtuie nie, maar ek reis gedurig vrywillig met vliegtuie en vlieg hoog bo die aarde. Ek weet nie eens wie in beheer van daardie vliegtuig is nie. Ek vra nooit eens wie die vlieëniers is nie. Ek kan eenvoudig die resultate sien. En dit help my met geloof. Dit is 'n werklikheid in die fisieke wêreld van vlieg en ook in my geestelike lewe in my verhouding met God. Ek verstaan beslis nie al die aspekte van God nie, maar ek het geloof in Hom.
Ons almal weet dat ’n verhouding beteken dat die twee mense in die verhouding mekaar moet ken. As jy iemand nie regtig ken nie, het jy eenvoudig nie regtig ’n verhouding met hom of haar nie. Wanneer jy iemand egter ken, glo jy wat die persoon sê. As jy glo wat daardie persoon sê, dan glo jy in die persoon. Het jy al ooit vir iemand gesê: “Jy glo my, nie waar nie?” As die verhouding sterk is, sal die antwoord waarskynlik wees: “Natuurlik. Ek ken jou mos al lank.” Hoe daardie verbinding plaasvind, is geloof deur kennis.
In die groot verbintenis van die huwelik glo die man en vrou mekaar en hulle glo ook in mekaar. Gewoonlik begin dit deur te sê: “Ek wil die res van my lewe saam met jou deurbring.” Om hierdie idee op Jesus toe te pas — om te glo wat Hy gesê het en in Hom te glo — is die eerste stap in ons verhouding met Hom. Dan kan ons verhouding met Hom versterk word. Hoe sterker hierdie verhouding is, hoe makliker sal dit vir ons wees om dit ook met vertroue met ander te deel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.
More
Ons wil graag Willie Robertson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harpercollins.com/blogs/authors/willie-robertson-201682410847