Deel Jesus met VertroueVoorbeeld

Deel Jesus met Vertroue

DAG 10 VAN 10

My Uitdaging Aan Jou

Ek wil jou vandag herinner dat jy saam met Jesus se dissipels is Matteus 28 die opdrag gekry het om sy evangelie uit te dra. Dit is nie die maklikste taak nie, maar as jy gereed is wanneer die regte geleentheid oor jou pad kom, wag daar ’n wonderlike ervaring op jou.

Ek rig vandag die volgende uitdaging aan jou:

  • Ek wil hê jy moet Jesus ken en jou eie verhouding met Hom hê.
  • Ek wil hê jy moet vryheid ervaar deur bekering.
  • Ek wil jou aanmoedig om verlief te raak op die Woord van God.
  • Ek wil jou uitdaag om in jou gesprekke met ander dapper vrae oor geloof te vra.
  • Ek wil jou inspireer dat wanneer ander mense net die slegte in mense sien, jy sal soek na die goeie wat kan kom as hulle hul harte oopmaak vir wat Jesus in hul lewens kan doen.

Laat Jesus jou lei om ’n persoon te word wat bekend is daarvoor om die evangelie, in die openbaar, persoonlik en privaat, te versprei.

Word iemand wat die evangelie deel!

Vir meer oor hierdie uitdaging om iemand te word wat die evangelie deel, gaan lees Deel Jesus met vertroue deur Willie Robertson © RightNow Media Africa.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Deel Jesus met Vertroue

Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.

More

Ons wil graag Willie Robertson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harpercollins.com/blogs/authors/willie-robertson-201682410847