Wat Jesus Gesê Het Oor GebedVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

DAG 1 VAN 7

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep). (Mans en
vrouens in afsonderlike groepe.)

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar nadat julle die leesplan voltooi het en bespreek wat julle ontdek het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is nommer 4 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle
daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te wees — iemand wat
dissipelmakers van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Lees die volgende Skrifgedeelte: Lukas 11:1-13

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeelte?

Gebruik die volgende drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte?

(Hoe openbaar God Homself — wie Hy is, sy karakter, werke en bevele — aan my?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte?

(Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte? Sluit dit byvoorbeeld in om te vergewe, gehoorsaam te wees en te groei deur in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in ons lewens?

(Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Lukas 11:1-13 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeelte? Wat is daar wat jy in die komende week kan doen na aanleiding van hierdie Skrifgedeelte? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense rondom jou? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/