Wat Jesus Gesê Het Oor GebedVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

DAG 7 VAN 7

Kom na God toe met lofprysing, aanbidding en danksegging

Een van die besonderse maniere om in God se teenwoordigheid te kom, is om na Hom toe te kom met aanbidding, lof en geloof in sy Naam. Daar is ‘n groot aantal Name van God wat beskryf wie en hoe Hy is.

Wanneer ons God aanbid, fokus ons op wie Hy is. Wanneer ons in lofprysing voor God staan, fokus ons op wat Hy vir ons en ander doen en gedoen het.

Wanneer jy God aanbid en prys deur op sy Name te fokus, kan jy byvoorbeeld dink aan:

God die Vader

God die bron van alle standvastigheid en bemoediging (Romeine15:5)

God van medelye en genadige (Eksodus 34:6-7)

Die Algenoegsame en Almagtige God (Genesis 17:1)

God die Voorsiener

God is ook die Here wat gesond maak, rus en vrede gee, wonders doen, ewig en alomteenwoordig en 'n muur van vuur rondom ons is asook 'n toevlug vir armes.

Jesus

Jesus is die weg , die waarheid en die lewe (Johannes 14:6).

Jesus is die Lam wat geslag is (Openbaring 5:12).

Jesus is die Begin en Voleinder van ons geloof.

Jesus is die Een wat deurboor is.

Jesus is die Klip wat deur die bouers afgekeur is.

Jesus is die opgestane Here.

Jesus is die Redder van die wêreld.

Die Heilige Gees

Die Heilige Gees is ons Voorspraak (Johannes 14:16).

Die Heilige Gees is ons Helper.

Die Heilige Gees gee wysheid, krag, insig, raad en openbaring van die kennis van God (Jesaja 11:2).

Die Heilige Gees lei ons in die waarheid.

Die Heilige Gees vul ons met krag, liefde en selfbeheersing (2 Timoteus 1:7).

Dank God: Maak tyd om vir God dankie te sê vir antwoorde op gebed, sy guns, genade, ensovoorts. Dankbaarheid erken die soewereiniteit en goedheid van God en help ons om ons oë van onsself af weg te draai en op God te fokus. "Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus" (Efesiërs 5:20).

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/