Wat Jesus Gesê Het Oor GebedVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

DAG 4 VAN 7

Die gelowige se toegang tot die troon van God

So dikwels vra mense: "Is ek goed genoeg? Sal God na my luister? Ek is net 'n gewone mens. Ek bid nie goed nie. Ek is bang vir God." Die volgende beginsels en Skrifgedeeltes sal jou vertroue gee wanneer jy in gebed na God toe kom:

1. Op grond van God se uitnodiging: "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word" (Hebreërs 4:16).

2. Op grond van die beloftes: "Hy is die 'ja' van God, die 'ja' op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop 'Amen' sê" (2 Korintiërs 1:20).

3. Op grond van die kruis en die bloed: "Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei ... terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid" (Hebreërs 10:19-22).

4. Op grond van God se karakter: "God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?" (Numeri 23:19).

5. Op grond van ons priesterlike funksie: "Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen" (Johannes 14:13-14).

Vraag: Is daar iets in jou lewe wat jou verhinder om met vrymoedigheid te bid?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/