HelingstydVoorbeeld

Helingstyd

DAG 3 VAN 5

Dag 3: Fokus

Spreuke 4:1-2: “Kinders, luister na my! Gee aandag aan julle Pa se vermaning. Slaan ag daarop sodat jul insig kan kry. Die opvoeding wat ek julle gee, is van hoë gehalte. Moenie my onderrig ignoreer nie”. (NLV)

My gunsteling film is “The Last Samurai”.

Hoekom?

Verskeie waarhede van die lewe word op die skerm gedeel en ontleed jou siel. Dit konfronteer persoonlike waardes.

Bedrog. Waarheid. Lojaliteit. Keuses. Integriteit. Ewige waarde.

Die helde karakter word ‘n gevangene en is ‘n gedekoreerde kaptein van Engeland se weermag. Hy word na 'n klien dorpie geneem wat deurdrenk is met erfenis, tradisie en waardes. Dit is wel die vyand se dorp. Hy maak kontak met die leier en hul ontwikkel ‘n vriendskap op 'n vreemde, misterieuse manier. Lojaliteit en waarheid skeur hul siele om die krygers te word wat hulle was. Integriteit is hul luide kreet. Waarheid hul pyn, maar ook hul krag.

Tydens opleiding in swaardmeesterskap, veg die kaptein teen een van die top krygers. 'n Briljante jong man in die Samoerai vegkuns. Die jong man konfronteer die kaptein omdat hy baie foute gemaak het.

In gebroke Engels het hy gesê: "jy het te veel gedagtes … jy dink te veel."

Die kaptein het swaar asem gehaal, ‘n oomblik geneem om te fokus en toe die "geveg" tussen hulle oorwin.

Sommige dae het ons heeltemal "te veel gedagtes" maar ek onthou steeds hierdie toneel in die film.

My gedagtes. Ek moet oplet wat ek toelaat. Wat ek toelaat kan heling belemmer of bevoordeel.

Gebed:

Here, ek wil leer en ek wil heel word en my fokus doelgerig skuif. My pyn kan my krag word wat transformeer in heling.

Dit is werklik 'n keuse.

Let jy op?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Helingstyd

Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com