Wanneer ek in die donker skaduwees loopVoorbeeld

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

DAG 2 VAN 7

Wanneer ons in donker skaduwees loop (2)

Daar is vier verskillende vorme van donkerte.

Eerstens is daar ’n donkerte wat deur die Bose veroorsaak word – wanneer ’n mens dit bestraf en teenstaan, verdwyn dit. Die duiwel se donkerte kan en moet bestraf word, maar donkerte wat van God af kom, kan nie bestraf word nie.

Tweedens is daar ’n donkerte wat kom as gevolg van sonde. Slegs berou oor daardie sonde en belydenis van die sonde sal die duisternis verdryf.

Derdens is daar donkerte wat deur mense of omstandighede in jou lewe veroorsaak word: mense se negatiewe invloed, opinies en woorde, intense moeilikheid en onhanteerbare situasies. Die duisternis verdwyn wanneer God en sy teenwoordigheid, sy woorde en sy wil ’n groter realiteit word as die woorde en opinies van mense.

Laastens is daar ’n duisternis wat van God af kom – die skaduwee van God se hand. Dit is ‘n manifestasie van sy teenwoordigheid.

Dit is hierdie donkerte waaroor hierdie leesplan handel. God se donkerte is die skaduwee van sy hand wat oor ons val: Hy het my in die skaduwee van sy hand verberg. Hy het my ’n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek (Jesaja 49:2). Hy steek ons weg in die skaduwee van sy hand. Kyk mooi: Hy verberg my in die skaduwee van sy hand. Daar in die skaduwee maak Hy ons ’n skerp pyl.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com