Wanneer ek in die donker skaduwees loopVoorbeeld
Wanneer ons in donker skaduwees loop (4)
Onthou dat Jesus drie ure van algehele duisternis en Godverlatenheid aan die kruis beleef het. Dit het Hy vrywillig deurgemaak, sodat ons nooit weer alleen in die duisternis sal wees nie. Daar aan die kruis het Jesus uitgeroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Jesus het eensaamheid en duisternis beleef. Bo en behalwe die drie ure aan die kruis, was Hy drie dae in die donkerte van die graf, maar daar het Hy die dood oorwin en uit die graf opgestaan. Deur sy opstanding uit die dood het Hy die mag van sonde en die Bose oor ons verbreek. Die gevolg is dat geen donkerte ons ooit weer van God of intimiteit met Hom kan skei nie.
Donkerte is een van God se maniere om ons te louter. Daar in die donker begin God om met verskillende dinge in ons lewens te werk: ’n slegte humeur, haastige woorde, ondeurdagte aksies en reaksies, rebellie, ons liefde vir dinge en die wêreld, ons verknogtheid aan dinge soos posisie, geld, sekuriteit en erkenning.
Daar is ’n donkerte wat die donkerte van die pottebakker se oond is. Nadat die pottebakker die klei tot ’n voorwerp gevorm het soos hy dit wil hê, plaas hy die voorwerp op die rak om uit te droog. Eers wanneer dit heeltemal droog is, plaas hy dit in die oond. Alle oonde is donker en baie warm, maar daar is geen ander manier om die potte bruikbaar te maak as om dit in ’n oond, ’n baie warm oond, te bak nie. Geestelik gesproke, stuur God ons deur dieselfde proses.
Aangaande hierdie leesplan
Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com