Een WoordVoorbeeld
Vrygewigheid is deel van die Here se karakter en regdeur die Skrif en in Jesus se lewe sien ons dat dit die essensie van sy wese is. Hy skep en Hy skep in oorvloed. Hy seën en Hy seën in oorvloed. Hy vergewe en Hy vergewe in oorvloed.
Ons sien dit byvoorbeeld in die Bybelse gelykenis van die saaier: Die saaier, God, wat Jesus beskryf, is nie 'n berekende mens wat sy graan versigtig net in waardige grond saai nie. Hierdie saaier strooi saad oral: op die pad, in die bosse, in die rotse, in onvrugbare grond, sowel as in goeie grond. Hy het, blyk dit, onbeperkte sade en daarom werk hy vanuit 'n vrygewige gesindheid eerder as uit 'n skaarste gesindheid.
Ons sien dit in die gelykenis van die eienaar van 'n wingerd, waar die eienaar, God, 'n volle dag se loon aan almal gee, of hy of sy die volle dag gewerk het of nie. God, word ons vertel, het onbeperkte rykdom en is nie suinig om dit weg te gee nie.
Ons leer van sy vrygewigheid in vergifnis in die gelykenis van die vader wat die verlore seun vergewe. En ons sien dieselfde gesindheid in Jesus. Jesus se hele lewe spreek van hierdie soort lewe. Sy eerste wonderwerk in Kana was 'n wonderwerk van oorvloed en vrygewigheid. Sy wonderwerk waar hy mense voed, gee hy nie net genoeg nie, hy gee oorgenoeg! Hy is vrygewig in sy tyd saam met ander – mense wat anders lyk, glo, dink as hy. Hy is vrygewig in sy wysheid en lering. Waar ook al Hy kom, is Hy vrygewig in teenwoordig wees, aandag skenk, vertroosting gee, te genees, te luister, meegevoel te betoon. Hy is vrygewig met sy lewe wat Hy prys gegee het. Vrygewig in vergifnis, in diensbaarheid wanneer Hy sy dissipels se voete was. Vrygewig in gebed en tyd met sy Vader.
Om vrygewig te wees, moet ons eers op God se oorvloed en vrygewigheid vertrou.
Paulus sê: “Let op die lewende God wat ons alles ryklik verleen.” Kyk na Hom. Hy is vrygewig. Alles wat jy het, het Hy vir jou gegee.
Oordink dit: Waarvoor kan ek vandag dankie sê?
Gebed: Ek vra vir genade om soos Jesus te kan leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! (Psalm 103:2) In die kultuur van ons tyd is ons in 'n dankseggingseisoen. Hoe reflekteer, vier ons fees en sê ons dankie? Ons streef daarna om die deug van dankbaarheid te bou, waar ons nie net ons seëninge tel nie, maar ook God se teenwoordigheid in ons lewens erken. Deur te fokus op die goedheid van God, wil ons aanmoediging vind om ander te waardeer, en 'n gemeenskap te skep wat vol vreugde en hoop is.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com