25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
'n Mens sou dink dat God die Vader wat alwetend en ewig is, vooruit sou sien en 'n luukse plek, wat goed toegerus is, vir die geboorte van sy Seun sou beskik. Hy het die geboorte van sy Seun, Jesus voorsien, maar nie in luukse en gemaklike omstandighede nie. Hy kon, maar Hy het nie.
Jesus kon in 'n paleis gebore word, maar Hy was nie. In die woestyn kon Jesus klippe in brood verander het, maar Hy het nie. Jesus kon in Getsemane engele ontbied het, maar Hy het nie. Jesus kon van die kruis afgekom het, maar Hy het nie.
Ons lees in 2 Korintiërs 8:9 (NLV): "Julle ken die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Alhoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword sodat julle deur sy armoede ryk kon word."
Alles is onder God se gesag en beheer, ook verblyf. Hy kon 'n hotel of ander luukse verblyf vir sy enig-gebore Seun se geboorte gereël het, maar Hy het nie.
Hoekom nie?
Die rede vir Jesus se koms was om mens te word, soos ons te leef en te ly, uiteindelik om in ons plek en vir ons sonde te sterf. Hy het empatie vir ons lewens op aarde en het "een van ons" geword om soos ons, maar nog baie meer as ons, te ly en uiteindelik te sterf sodat Hy deur sy lyding en sterwe ons kan verlos van sonde en die dood. Daardeur word ons met God die Vader in 'n verhouding verenig.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/