25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Lukas, skrywer van die evangelie van Lukas, fokus op die herders in die veld wat deur die engel van die Here besoek word. Matteus vertel ons van die sterrekundiges. Wat die sterrekundiges interessant maak is dat hulle, anders as die ander persone in die verhaal van Jesus se geboorte, nie Jode was nie.
Matteus wys hier, in die begin van sy evangelie, dat Jesus die Verlosser van alle mense en nie net die Jode is nie. Dit is 'n leidende gedagte wat Hy later verder ontwikkel en beklemtoon met die sendingopdrag in Matteus 28: "Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis” (Matteus 28:19-20 NLV).
Die sterrekundiges word beskryf as wyse manne, maar hulle is in werklikheid heidene, of sterre voorspellers, nie wetenskaplikes soos die term sterrekundiges dalk kan aandui nie. Hulle was nie van die volk van Israel nie, hulle was heidens en onrein volgens die Joodse wette.
Jesus vervul nie net die profesie van die Ou Testament nie, maar ook die boodskap dat die Messias, die verlosser, nie net vir Israel sal wees nie, maar vir alle nasies. Jesaja 60:3 (NLV) sê: "Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het."
Die geboorte van Jesus wys dat Hy die Messias is, want Hy kom soos daar geprofeteer is. Hy is dié ware Messias wat na alle nasies kom, nie net Israel nie.
Aan die begin van Matteus se evangelie word baie mense genooi om "te kom kyk". Aan die einde van die evangelie word volgelinge van Jesus aangesê om "uit te gaan en te vertel".
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/